default logo

Home

“NEEM KENNIS DAT BESTELLINGS SLEGS PER TELEFOON OF PER EPOS BETSEL KAN WORD BY GOODNEIHBOURS.”

 

UITGEWERS MET ‘N MISSIE

Daar is grondwaarhede in die Bybel, die leerstellings wat Jesus en die apostels verkondig het, wat alle Christene behoort te ken en te verstaan, ongeag hulle kerkverband.

WoordVerspreiding beywer hom daarvoor om hierdie waarhede te help versprei – in Afrikaans, en in ‘n maklik leesbare vorm. Ons doel is om gelowiges toe te rus om in die moderne Suid-Afrika te oorwin oor sonde, ‘n steeds intiemer verhouding met Jesus Christus te beleef, en leerders van ander te word.

Daar is reeds etlike publikasies op die mark. Die reeks dek ‘n verskeidenheid onderwerpe en word geleidelik uitgebrei. Omdat die eienaars die uitgewery bedryf as ‘n bediening en nie ‘n besigheid nie, word die boeke teen onder kosprys verkoop. WoordVerspreiding ontvang graag voorstelle en opbouende kritiek van lesers wat hom in staat sal stel om aan die leesbehoeftes van Christene te voldoen.

Redakteurs Keuse